Wat 'n wonderlike sonskyn dag in Pretoria! Amper naweek en die einde van Februarie is in sig.
Een van die dae is ons in die nuwe winkel by 'n stunning gastehuis met sy eie day spa en splinternuwe teetuin. Ek kan nie wag nie. Dit gaan so opwindend wees.
Ek het reeds foto's opgesit van ons nuwe voorraad.
Kyk ook gerus op my Facebook profile - La Ropa het van hulle klere op sale! Stunning goed.
Tot later dan ...
Antique market
Thursday, February 24, 2011
Tuesday, February 15, 2011
Ai mense - ons is op die stadium winkelloos - daarop wil ek nie veel uitbrei nie! Ons hoop dat indien alles mooi uitwerk, ons sommer binnekort na die nuwe perseel kan trek! Ook het ons 'n opwindende reeks decor voorraad gekry en ek sal foto's en pryse post sodra my eksamen agter die rug is. In Maart kry ons ook 'n hele nuwe klere reeks - net betyds vir die winter. Tot later dan!
Monday, February 7, 2011
Februarie - die maand van liefde
Wow wow wow! Dit is al Februarie! Die maand van liefde! Ai, ons het so baie om voor dankbaar te wees. Ons Liewe Heer maak soveel deure oop vir sooo baie mense wat dit nodig het. Exciting dinge besig om te gebeur. Rose garden verskuif na 'n nuwe perseel einde Februarie! Ons trek in by 'n splinternuwe tee tuin, gaste huis en "day-spa" in Mayville / Les Marais area! Hou hierdie spasie dop vir verdere info ...
Friday, January 21, 2011
Thursday, January 20, 2011
Our first blog
Wow - die is wraggies exciting! ... Rose garden is 'n klein winkel in die Noorde van Pretoria - gelee by 'n restaurant: Farm Cafe - met plaasdiere en 'n plaas atmosfeer. Ons winkel ure is: Vrydae: 9:00 - 16:30; Sat 09:00 - 14:30 en Son 09:00 - 13:00. Kom snuffel gerus deur ons shabby chic decor en geskenke items, verskeie ou blikke en botteltjies, klere, juwele, handsakke, skoene en nog meer... Enige iemand wat mal is oor "Biggie Best", sal mal wees oor Rose garden...
Subscribe to:
Posts (Atom)